Die NG Gemeente Weltevreden:
- ondersteun die inwoners van die Zandspruit-plakkerskamp deur werkskepping
en gemeenskapsprojekte;
- verskaf formulemelk twee-weekliks aan die Zandspruit kliniek, vir babas
wat MIV-positief gebore is. Dit word dan deur vrywillige werkers van Hope Worldwide
aan die moeders uitgedeel.
Dit is wetenskaplik bewys dat sulke babas ‘n beter kans op oorlewing het as hulle
tot een jaar slegs blikmelk ontvang en geen borsmelk nie. Daar word ook gepoog
om ‘n verhouding met die siek, werklose en dikwels moedelose ma’s op te bou deur
ondersteunings-groepsessies, projekte om hulle besig te hou (verkoop van kos en
handwerkartikels) en kos by begrafnisse.
Daar is tans ongeveer 20 babas wat formule-melk op 'n gereelde basis ontvang.
|