Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 WELTESEMBLE
Meer oor ons...

Die Weltesemble klassieke musiekgroep staan onder die leiding van die orreliste, Tharien Oosthuizen, en saam met ‘n groep voorsangers wissel hulle ten minste een keer per maand die gewone orrelbegeleiding af tydens die twee oggenddienste.

Hulle speel ook tydens spesiale dienste en geleenthede.

Hoe kan jy help?

 
Naam Epos Selnommer
     

 


Suksesverhale

Die Weltesemble is uniek aan NG Gemeente Weltevreden en beslis iets waarop ons trots is.

Mozart Potpourri Aand

Ter viering van Mozart se 250ste verjaardag het die Weltesemble en die kerkkore van Weltevreden, Randburg-Suid en Fairland,  op 7, 8 en 9 September 2006, 'n Mozart Potpourri-aand gehou. Die pragtige musiek is gekomplimenteer deur 'n 3-gang kerslig-ete. 

Die Weltesemble het die konsert met 'n verskeidenheid van instrumente begelei.  Fourie Greyling en Tharien Oosthuizen het die musiek verwerk vir 'n verskeidenheid instrumente.  'n Groep soliste het saam met die gesamentlike kerkkoor opgetree.  Sarie Jacobs het die koor en die Weltesemble gedirigeer.

Bekende Mozart-gunstelinge was te hoor bv. Alleluia, Laudate Dominum, Non píu Andrai en Towerfluit se "Koningin van die Nag"-aria.  Ander gunstelinge wat gespeel is sluit in "You raise me up" en "Time to say goodbye".

Al die ingesamelde fondse is aan Projek Prisma geskenk.

Gemeentelede het die vertoning geweldig geniet.  Baie geluk aan die Weltesemble en die koor met die groot sukses!

Getuienis

"Ons dra die hele konsert aan Ons Hemelse Vader op wat Mozart so geseën het om hemelse musiek vir ewig vas te lê, en vir ons om die gawe van musiek so te kan geniet!  Mag hierdie fees van musiek tot eer van Sy Naam alleen wees!"    

[Janis Myburgh]

Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Tharien Oosthuizen011-71444280837638293 epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"