Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 DS HETTIE VAN NIEKERK - VERSLAG OOR DIE VSA TOER
VSA TOER - JANUARIE 2007
HyperLink HyperLink HyperLink
Ds Hettie van Niekerk skryf:

God wants you to get where God wants you to go more than you want to get where God wants you to go. Mark Batterson

Dalk som hierdie woorde van Mark die toer na die VSA die heel beste op. Mark is maar een van die mense wat ons in die VSA ontmoet het wat ons manier van dink so effens uit die normale geruk het.

Twee en twintig dominees en drie vrouens waarvan een ‘n ds se vrou, ‘n TV aanbieder en ‘n belangstellende lidmaat. Die stede wat ons besoek het: Washington DC, Chicago en Grand Rapids in Michigan. Ja ons het baie koud gekry en sneeu gesien en baie geleer. Wat my sal by bly?

Tom Bandy vra die volgende vrae vir die leiers in die kerk:

  1. Am I in it for mission or philanthropy?
  2. Am I in it for gospel or theology?
  3. Am I in it for joy or duty?
  4. Am I in it for Perfection or perks?
  5. Am I in it for Christ of Christianity?

Die beweeg rede agter dit waarmee ons besig is, net om seker te maak dat jy die hele tyd die regte vrae vra sodat die antwoorde wat jy kry jou nie skok nie.

By Scot McKnight leer ons: die “tipe” evangelie wat jy verkondig beïnvloed die tipe spirituele tradisie waarin ons leef. Die vraag wat ons moet vra is: “wat wil ons hê moet ons mense doen?” En die antwoord is, ons wil hê dat mense God sal liefhê en ander mense sal liefhê. Dit is die Evangelie wat Jesus verkondig het. En wat mense in beweging gebring het.

Skep ‘n plek waar mens kan leef en werk en foute maak. “Do life together” Op die ou end is dit kerk. Volgens Phil Underwood. Dit is nie ‘n plek waarheen jy kerk toe gaan nie, maar ‘n plek waar jy kerk kan wees.

En daar waar jy kerk kan wees, leer mens van liefhê en van liefde. Want die kerk is die Bruid van Christus. En wie het al ‘n lelike bruid gesien. Dit is nodig dat die Bruid ons asems wegslaan en dat ons opgewonde raak oor hoe mooi die kerk kan wees. Dit is die gedagte waarmee Rob Bell ons agterlaat.

By Calvin die Universiteit en die konferensie leer ons hoe om God in films raak te sien, hoe om stories te gebruik – soos Jesus dit gedoen het. Dat ons by verskillende kerk tradisies kan leer en mekaar positief kan beïnvloed. En ons sien ook dat ons baie dinge alreeds reg doen. En dat God ook ‘n pad met Weltevreden en dan die kerk in Suid Afrika loop en dat ons dankbaar kan wees oor baie dinge.

“Jy kry wat jy meet”

“Sien soos Jesus sien” Laat jou “weet” of jou “ken” verander word deur dit wat jy sien. Dan het jy geleer om soos Jesus te kyk. En dan sal jy doen soos wat Hy gedoen het. Ron Martoia nog ‘n leier in die kerk wat ons nuut laat dink. Sy definisie van ‘n leier: “iemand wat die prentjie van more kan skilder en ander mense kan kry om dit te doen. En die droom dan ‘n realiteit te maak. Dit kom daarop neer dat ‘n leier rigting moet kan bepaal en “hard calls” moet kan maak. Die leier moet die moeilike besluite kan besluit en dit oordra aan die res.

Aan die einde van die toer ontmoet ons weer vir Len Sweet. Soos altyd laat hy ons nuut dink. Volgens Len weet ons nie hoe om mens vir mekaar te wees nie. Ons wil god wees. Die oer sonde. Ons is geskep om mens te wees. Jesus word mens. Jesus het nie gekom om ons meer spiritueel te maak nie, maar om ons meer mens te maak. Mense met ‘n nuwe hart. Wat deur die Heilige Gees op ‘n nuwe manier menswees leef. Die grootste kompliment wat jy vir iemand kan gee is om vir hom te sê: “Ek ruik Jesus in jou!” Ruik jy soos Jesus?

Dit is maar ‘n ietsie uit van die gesprekke wat ons gevoer het. My onthou en dit wat my geraak het. Die hoogtepunt vir my. Mark Batterson. Hy sê: “How you think about God will determine who you become. You aren’t just the byproduct of ‘nature’ and ‘nurture.’ You are a byproduct of your God-picture. And that internal picture of God determines how you see everything else”.

My gebed is dat ek sal leer en vir ander kan leer dat God groter is en meer is en mooier is as wat ek ooit kan dink. Dat Hy liewer is vir ons as wat ons voel. Dat Hy groter drome vir ons droom as wat ons ooit self kan droom. Dat ons “God-picture” nooit ons geloof en ons lewe in oorvloed sal beperk nie, maar juis sal uitdaag tot op die uiterste.

Hierdie verslag is ook in  Word-formaat beskikbaar.

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"