Daar is min dinge so lekker as om welkom te voel. Natuurlik is ons altyd tuis in
Sy woning! Tog kan mens 'vreemdeling' voel tussen baie ander onbekendes, veral as
jy nuut is. In NG Weltevreden wil ons jou so gou moontlik tuis laat voel.
Wanneer jy soggens voor die eredienste gegroet word met 'n vriendelike glimlag
van 'n medegelowige by die kerk se deur, onthou: jy is vir ons spesiaal en jy is
baie welkom!
|