Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
Ons beveel aan:
HyperLink
 VERLEDE, HEDE & TOEKOMS
Ons geskiedenis...
 

NG Gemeente Weltevreden is amptelik op 5 September 1982 van die Fairland-gemeente afgestig. Dit was ‘n besondere dankbare gemeente wat na drie jaar se erediens hou in die Boskop Laerskool-skoolsaal, op 8 November 1985 hul eie plek van aanbidding feestelik kon inwy.

Gedurende die naweek van 2-4 November 2007 het ons gemeente behoorlik feesgevier met die herdenking van ons 25ste bestaansjaar. Hier is fotos van die feesvieringe!

Die inskripsie op die hoeksteen lui: “Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle Sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid.” – Heb. 13:21.

Die gemeente het deur die genade van die Here wonderlike groei ervaar en vandag is daar meer as 4100 lidmate.

Ons toekoms...

Ons Visie

Vier en ervaar lewe!

Mense smag na lewe!  Ons leef in tye waar mense bewus is van die feit dat daar meer in die lewe is as wat met die eerste oogopslag raakgesien word.  Die lewe gaan om meer as werk, huis toe ry en rondjaag.  Jesus het 'n baie besondere boodskap vir ons tyd en omstandighede.  Ware lewe is moontlik! Die mens kan lewe voluit vier en ervaar.  Jesus sê self:  Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed. (Joh. 10:10).  Weltevreden wil graag mense help om hierdie geheim opnuut te ontdek.

Ware lewe is om te leef in die wete dat God se Ryk gekom het!  Jesus sê duidelik dat Hy aarde toe gekom het sodat God se koninkryk kan kom.  Dink maar aan Matteus 4:17 waar Jesus sy bediening verduidelik - "Van toe af het Jesus begin preek en gesê: 'Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom'."  Ons leef in tye waar die woord "koninkryk" nie dieselfde betekenis het as duisende jare terug nie.  Maar ons verstaan wel dat Jesus se Ryk alles te doen het met ware lewe.  Lewe soos God dit eintlik bedoel het.  Lewe in sy volheid.  Lewe wat radikaal anders is as die manier waarop baie mense deesdae lewe:  hierdie is 'n lewe wat oorloop van goedheid en volheid; 'n lewe wat fokus op 'n diep verhouding met God.

By Weltevreden Gemeente is dit ons visie om die lewe voluit te vier en te ervaar! [Dr Nelus Niemandt]

 
Gemeentegroei

Die groei van die aantal doop en belydende lidmate in die gemeente sedert 1982 was indrukwekkend, soos duidelik blyk uit die grafiek hieronder. Ten einde voorsiening te maak vir die sterk groei, het die gemeente onlangs in 'n meningsopname, uitbreiding van die bestaande fasiliteite oorweldigend gesteun.




"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"