Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 SILWERHOEKIE
Meer oor ons...

Die Silwerhoekie:

  • is ‘n sosiale en ondersteuningsgroep aan lidmate bo 60 jaar
  • doen as ‘n groot groep saam Bybelstudie op Woensdagoggende
  • doen Dinsdae fiksheidsoefeninge
  • neem onder andere deel aan die Intergroepdag en Sportdag vir Afgetredenes
  • neem aktief deel aan die basaar
  • is aktief betrokke by Oupa- en Ouma-Sondag
  • organiseer rommelverkopings
  • brei vir die Maria Klopper-kinderhawe en VIGS-wesies
  • onderneem gereeld uitstappies
  • eet saam uit
  • reël pannekoekdae
  • woon ook gereeld interessante inligtingsessies by

Die Silwerhoekie het ongeveer 86 lede waarvan 57 aktiewe lede is. 6 lede is tuis en te siek om deel te hê aan al die aktiwiteite. Die profiel van die silwerhoekie is as volg:

  • 86 lede is ouer as 60 jaar;
  • 47 lede is ouer as 70 jaar;
  • 34 lede is ouer as 80 jaar; en 
  • 5 lede is ouer as 90 jaar

Daar is tans 18 lede van die Silwerhoekie wat in aftreehuise is, terwyl ander by hul kinders woon.

Lede van die Silwerhoekie wys ons daarop dat dit baie duur is om in aftreehuise in te woon (tussen R4200 - R6000 p.m.) en is bekommerd dat hulle miskien nie vorentoe 'n heenkome mag hê nie.

Die Silwerhoekie is baie aktief in ons gemeente en stel belang in 'n wye verskeidenheid van onderwerpe.

Hierdie groep nooi enige persoon bo die ouderdom van 60 jaar uit om saam te kom kuier, vriende te maak en in die pret en vreugde te deel. Die Silwerhoekie het ‘n vol program. Hou die WelteWoord en weeklikse afkondigings dop.

 

Hoe kan jy help?




 
Naam Epos Selnommer
     

 


Suksesverhale

Fondsinsameling vir Projek Prisma ("Jumble sale")

"Nogmaals dankie aan almal wat bygedra het vir ons Tweedehandse Klere Verkoping. Baie van die kopers het ook vir hul familie op die platteland gekoop en ons kon ook vir hulle help. Ons is baie dankbaar vir die R19000 wat ons kon bydra vir Projek Prisma. Die vorige jaar was die opbrengs R15526. Ons het ook op pakkies opgemaak vir die kinders van Abraham Kriel Kindersorg." - Nellie Cool


Jaarlikse Makiete

Op 1 September het die jaarlikse Makietie plaasgevind. Nie net hul eie inwoners, maar ook kinders van die gemeenskap was behoorlik bederf. Ons, saam met die ander Diensgroepe, het geld ingesamel vir lekkergoed, wat ons in pakkies opgemaak vir die kinders. Dankie vir almal wat bygedra het! - Nellie Cool


Oupa en Ouma Sondag

Op 16 September 2007 het ons Silwerhoekie weer by die oggenddienste gesing tydens ons Oupa en Ouma Sondag. Baie kinders het weer hul ouers na die spesiale dag gebring.


Besoek aan die Botaniese tuine


Op 25 September het die Silwerhoekie ‘n uitstappie na die Botaniese Tuin onderneem. Hulle het heerlik gekuier en gestap.


Helena Bester konsert












Die konsert van Helene Bester was ‘n groot sukses. Omtrent 165 mense het dit bygewoon. Ons omliggende gemeentes was goed verteenwoordig. Ons het weereens besef dat ons kerk spesiaal is, en dat ons soveel het om te bied.  - Nellie Cool

Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Nellie Cool011-6781180  epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"