Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 PROJEK PRISMA NUUS - FASE 2
Die bouwerk is voltooi!
Sien al die fotos!

Agtergrond inligting

In 2006 is daar 'n ondersoek in ons gemeente gedoen deur Cohesion ('n onafhanklike kommunikasie- en navorsingsmaatskappy) rakende Projek Prisma.

Die uitslae van die vraelyste het daarop gedui dat lidmate die bouprojek in fases aangepak wil hê. Trou aan daardie versoek is Fase 1 in Maart 2007 voltooi en boonop kontant betaal met bydraes wat deur die gemeentelede geskenk is.

Fase 2 is ook nou voltooi. Dit was om 'n kleiner bedieningsruimte te bou. So 'n gebou bied aan die gemeente 'n uitbreiding in diverse bedieningsmoontlikhede, bv:
 
  • drie ekstra eredienste per Sondag
  • eredienste gedurende die week
  • andersoortige eredienste
  • ruimte vir bybelstudiegroepe gedurende die week
  • troues
  • begrafnisse
  • meer nagmaalsgeleenthede

Lidmate word versoek om dié fase aan te hou ondersteun soos die vorige een.

Renico, wat fase 1 uiters suksesvol en kostedoeltreffend voltooi het, het op 3 September die bouperseel betree en vroeg in Maart 2008 voltooi. Die inwydingsgeleentheid het op 16 Maart 2008 plaasgevind.

Dankie vir elkeen se volgehoue voorbidding en ondersteuning!

 

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"