|
Meer oor Projek Prisma... |
Projek Prisma is die gemeente se nalatenskap vir die toekoms. Hierdie projek
is baie meer as 'n bou-projek...dis 'n droom en 'n roeping om 'n verskil te maak
aan die gemeenskap waarin die Here ons geplaas het. Alhoewel Projek Prisma
groot uitdagings bied, gaan dit in die eerste instansie nie oor die geboue of geriewe
wat ons bykry nie, maar oor die mense wat ons wil bereik.
|
|
Redes waarom ons die bou-projek aanpak |
Ons geriewe is te min en die kerkgebou te klein vir die bestaande aantal lidmate
Deeglike navorsing is gedoen en van die wêreld se beste gemeenteboukenners is genader
om advies. Ons oorskry reeds ons kapasiteit, wat tot gevolg het dat mense gereeld
weens 'n gebrek aan parkering, sitplek en plek vir ouers met babas, omdraai en nie
kerk toe kom nie.
Ons het nie plek om ons kinders effektief te bedien nie
Om voldoende geriewe vir ons kategese te hê, moet ons spasie nou reeds verdubbel om voorsiening
te maak vir al die kinders. Die gebrek aan geriewe is nie bevorderlik om die boodskap
aan hulle oor te dra nie. Ons het hierdie kinders net een uur per week en ons
wil graag kwaliteit-tyd saam met hulle spandeer.
Die gemeente groei steeds!
Die groei in die gemeente beteken dat ons binne 3-5 jaar vir dubbel die aantal lidmate
voorsiening moet maak. Indien ons onmiddellik begin bou, sal ons skaars betyds
reg wees daarvoor. Die groei in ons omgewing is fenomenaal en kan duidelik gesien
word deur na die nuwe eiendomsontwikkelings te kyk.
Ons het 'n dringende behoefte aan 'n lokaal waar tieners sosiaal kan verkeer
Tieners wil graag saamkuier. Ons keuse is om hulle oor te laat aan 'n verbruikerskultuur
van inkopiesentrums, of om 'n plek in te ruim waar hulle saam met ander jong gelowiges
sinvol en lekker kan saamkuier.
|
|
Wat kry ons by met Projek Prisma? |
'n Tweede kerkgebou wat 600 mense kan akkommodeer.
Dit kan gebruik word om:
-
saam met die erediens in die bestaande kerkgebou, 'n erediens vir gesinne met kleiner
kinders aan te bied;
-
in die aand 'n erediens vir tieners aan te bied terwyl die bestaande kerkgebou dan
vir jonger werkende mense gebruik word
-
vir konferensies en byeenkomste (met die moderne klank en visuele toerusting)
'n Aanbiddingsruimte/kapel
Dit bied geleentheid om eredienste in Engels aan te bied. Daar kan ook "stiller"
eredienste in 'n nadenkende tradisie aangebied word, terwyl die hoofdiens in die
bestaande kerk aangaan. Die kapel kan 7 dae per week gebruik word as plek
van gebed en nadenke. Dit is ook ideaal vir troues.
Kategeseklasse
Die aantal klasse word verdubbel.
'n Ontspanningslokaal vir tieners
Die kleinsaal word ingerig vir gebruik deur die tieners.
Speelplek vir kinders
Daar is 'n geweldige tekort aan openbare speelplekke en dit sal ons in staat stel
om die gemeenskap beter te dien.
Addisionele moederskamer
Die bestaande konsistorie word omskep in 'n addisionele moederskamer vir die baie
lidmate met babas.
Koffiewinkel/eetplek (tesame met 'n kombuis)
Lidmate kan dit deur die dag besoek.
Ruimte waar lidmate na kerk kan saamkuier.
Veilige parkeerplek
Kantore vir Leraars en beraders
'n Klein vergaderlokaal/konsistorie
Iets om oor na te dink...
Ons geniet huidiglik die geleentheid om in pragtige geriewe te aanbid, danksy die
lidmate wat 20 jaar gelede die versiendheid aan die dag gelê het om die bestaande
kerkkompleks te bou.
Watter nalatenskap gaan ons aan ons Naskoolse lidmate en kinders nalaat?
|
|
Hoe kan jy help? |
|
|
Kontakbesonderhede |
| Kontakpersoon | Tel | Sel | E-pos |
| Willem de Beer | | 0828074252 |
epos
|
|