Kommentaar ontvang:
Daar is
soveel om te sę oor die Pinkster reeks.
-
Ek dink die tydsberekening was baie goed
- Ek
dink die onderwerp/e was presies en eietyds
- Die
sprekers was perfek vir hierdie tipe gesprekke
- Ek
dink ons leraars se replieke was kragtig en leersaam
saam te
vat dink ek dat die kerk se gevoel oor sake soos ekonomie, misdaad, menseregte en
ons land se toekoms met gereelde tussenposes wel meer bespreek moet word en nie
net met Pinkster nie. Wat hierdie reeks vir my gewys het is dat die deursnee kerkganger
diep geraak word deur hierdie onderwerpe en alleen God se Woord en die Kerk se siening
oor hierdie onderwerpe die “koppe” kan swaai.
Ek dink verder dat die swaai van “koppe”
juis nou meer nodig is as ooit. Die laaste punt wat ek wil maak is dat ek die hoop
uitspreek dat ons Kerk ook sal regstaan vir die oplewing wat tans plaasvind en nog
gaan plaasvind indien ons voortgaan met hierdie wonderlike reekse. Wat ek bedoel
by regstaan vir die oplewing is om verder gebruik te maak van die nuwe geleenthede
wat die Here oor ons pad gaan bring wat ons nie eers voorsien of vooraf bedink het
nie.
Groete
in Christus, Toelie
|