Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 OPERASIE MOBILISASIE
Meer oor ons...

Operasie Mobilisasie is ‘n sendingorganisasie wat daarop fokus om die plaaslike gemeenskap te versterk. Hulle doen dit deur mense van alle vlakke van die samelewing te mobiliseer vir wêreldsending deur indiensopleiding en deur groepe op kort- en langtermynuitreike na meer as 100 verskillende lande en op twee skepe te stuur.

Hulle werk sluit ook in die verspreiding van literatuur, gemeenskapsontwikkeling, evangelisasie op ‘n kultuur-sensitiewe manier en kerkplanting. Die OM skepe bedien nasies al sedert 1970. Oor die laaste 35 jaar is vele hawens besoek in meer as 140 lande.

Daar word na gemeenskappe uitgereik deur hulpverleningsprogramme, evangeliese uitreikspanne, konferensies aan boord en ‘n reuse boekwinkel op die skip. Die skepe word beman deur 600 vrywillige bemanningslede wat aansluit as ‘n praktiese uitlewing van hul geloof.

Sending-voorbereidingsprogamme is ‘n opleidingsprogram van ses maande wat net buite Pretoria aangebied word. Die doel van die program is om persone te lei om ‘n sterk, onwankelbare verhouding met die Here te ontwikkel en opleiding word ook verskaf oor hoe om uit te reik na verskeie gemeenskappe, bv. Moslems, Hindoes, prostitute, dwelmverslaafdes, ensovoorts.

Vir meer inligting oor die OM skepe, opleiding of ander sendinggeleenthede, kontak asseblief vir Juan le Roux by (012) 807-0161. Korttermynuitreike geskied ook vanaf twee weke tot en met ‘n maand en gee gelowiges ‘n geleentheid om uit te reik na gemeenskappe. Vir meer inligting kontak asseblief vir JP Hall by (012) 807-0161.

OM groei van krag tot krag terwyl sendelinge ‘n verskil maak regoor die wêreld – van Marokko tot Myanmar, van Suid-Afrika tot Skandinawië.

Besoek gerus die webblad www.omsa.org.za.
 
Hoe kan jy help?

 
Naam Epos Selnommer
     

 


Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Karen Verryne011-47536840824687466 epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"