Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 METRO EVANGELISASIE SORG - HILLBROW ("MES")
Meer oor ons...
 

Die MES-aksiegroep is betrokke by:

  • die verskaffing van 'n ondersteuningsbasis vir personeel van MES;
  • verskeie projekte soos die behoeftes identifiseer word deur die skakelpersoon by MES bv. aanplant van gras by kerkterrein, verf van kamers en grasplant by kleuterskool
  • die finansiële ondersteuning van 'n Evangelis in Hillbrow

Die huidige skakelbeampte by MES is Elize Bosch wat aangestel is sedert 1 Maart 2006.

Agtergrond oor MES

Die Metro Evangeliese Sorg (MES) is vanjaar 20 jaar oud. MES het sy ontstaan in 1986 vanuit die NG Gemeente Johannesburg-Oos (Irene) gehad.

Die gebied is geweldig arm. Boemelaars neem die wyk, want daar is niemand meer om by te bedel nie. In die Chelsea-hotel is geen ligte meer wat brand nie en in Hillbrow se strate slenter al hoe meer mense rond sonder ’n toekoms. Ongeveer twintig NG gemeentes in en om Johannesburg se middestad het die afgelope twintig jaar hulle deure gesluit.

MES is gebore uit 'n droom van  mense wat besorg was oor die fisieke en geestelike nood van Hillbrow se mense.

Hillbrow se ongeveer 140 voltydse personeellede en dertig vrywilligers het elke dag met die harde werklikheid te doen. Byna 70 persent van die personeel kom uit die gemeenskap. Omstandighede kan eintlik nie beskryf word nie.

Soos die Kerkbode dit stel:

"MES reik uit na alle mense ongeag ras, kultuur, godsdiens, geslag of seksuele oriëntering. Ironies genoeg is dit juis dié sake wat soveel tyd en energie op sinodes en kerkvergaderings in beslag neem en waaroor dikwels ure lank driftig gestry word. In Hillbrow se donker stegies lyk sulke sake glad nie belangrik nie. Dit is onwerklik om die sin van sulke argumente te verstaan wanneer jy die geweldige nood om jou gadeslaan. Meisies van so jonk as twaalf jaar oud maak ’n lewe uit prostitusie teen so min as R20 per kliënt.

Vervalle afgetakelde woonstelgeboue waarvan die eienaars hande in die lug gegooi en padgegee het, word deur plakkers beset. Sonder water, krag of sanitasie woon daar tot twintig mense in ’n eenslaapkamerwoonstel. ’n Onbeskryflike scenario wat homself veertienvoudig keer, verdieping op verdieping, herhaal in ’n woonstelblok waarvan die hysers al jare lank nie meer werk nie.

Die eerste drie verdiepings van die hysbak se skag is gevul met menslike afval vanweë die afwesigheid van enige werkende toiletgeriewe in die woonstelblok. Die reuk van urine en vullis oorweldig jou wanneer jy die gladde pikdonker trappe voel-voel met net die hulp van ’n flitslig bestyg. In Quartzstraat lê tientalle straatkinders ingeryg soos sardientjies op die sypaadjie en slaap. Hulle het geen dak oor hulle kop nie. By een van die bordele word dwelmverslaafde prostitute in kamers toegesluit om hulle brood te “verdien”.

Hillbrow se eens moderne hospitaal het ’n bouval geword waarin plakkers woon. In een van die kamers staan rye munisipale asblikke met die afgryslikste brousels denkbaar wat deur inwoners gebrou word om te drink. In ’n vertrek langsaan voed ’n vrou haar week-oue baba. Oorkant die gang sit twee jong seuns toekomsloos in ’n leë vertrek om ’n gasstofie en dagga rook. Buite die gebou staan ’n groepie dakloses om ’n brandende motorband saamgekoek om die winterkoue te verdryf terwyl die nag koud om hulle vou. ’n Seuntjie van ongeveer twaalf jaar oud se ma het hom uit die huis gestuur om vir homself elders blyplek te vind sodat sy haar sake as prostituut ongestoord kan doen. Dit is enkele van die tonele waarmee MES se personeel daagliks moet saamleef.

MES is vandag 'n gemeenskapsgebaseerde organisasie met ’n begroting van R13 miljoen. Die vier fokusareas van MES is gesondheid, behuising, basiese sorg aan die behoeftiges, asook opvoeding, opleiding, werkskepping en indiensplasing. Deur die jare was die bedieningsdeel van MES die fondament waarop die organisasie gebou is. Bediening is die deel van die werk onder leiding van die hoofbestuurder, ds Pieter Bosch, en sy vrou, Elise."

Hoe kan jy help?


 
Naam Epos Selnommer
     

 


Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Barend van der Merwe011-67914510829220298 epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"