Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels


Boeke deur Ds Madder Steyn wat saam was met die uitreik na Zimbabwe:





Bestel by die outeur:
012-3456456 of
083-779-2122

 MASVINGO
Meer oor ons...

Die uitreik-aksie het ontstaan nadat die Mosambiek uitreik-aksie span, tydens hulle Julie 2007-uitreik, oornag het by die gemeente en die ontsettende nood waargeneem het. Met hulle terugkeer het hulle onmiddellik aan die werk gespring om die nood daar te help verlig. Tydens uitreike word daar gekonsentreer op ondersteuning en die opheffing van die Masvingo-gemeente. Die opheffingswerk sluit in:

  • Verspreiding van Bybels en geestelike literatuur 
  • Evangelisasiewerk onder siekes en bejaardes
  • Verskaffing van materiële middele soos voedsel
Daar sal minstens jaarliks ondersteuning gebied word alhoewel daar beplan word om baie meer gereeld bystand te verleen.

Die eerste uitreik het 5-7 Oktober 2007 plaasgevind toe NG Weltevreden die Masvingo-gemeente in Zimbabwe besoek het om in hulle finansiële, geestelike en fisiese behoeftes te voorsien. Daarna was daar weer 'n uitreik in November 2007 opgevolg deur een in Februarie 2008...

Hier is 'n kaart wat aandui waar Masvingo geleë is en iets wys van die alledaagse lewe.


Meer oor die Februarie 2008-uitreik


Hier is fotos van die uitreik en die opregte dankie-sê briewe...

Ons verhaal...

Weer alle eer aan die Heer... Nog 'n suksesvolle uitreik en ons wil net graag van die ervarings met die gemeente deel. Weltevreden is nou al landswyd bekend as die gemeente met 'n hart vir 'n N.G.Kerk in Zimbabwe.

Baie baie dankie vir elke gebed, skenking of enige hulp wat ons ontvang het. Ek wens ons kon elke briefie en elke blymoedige dankie met julle deel. In die agt maande wat ons die Masvingo mense ken het ons vriende geraak, maar nou is ons familie.

Weltevreden, jul het geen idee wat dit is om daagliks tot die besef te kom dat jou hoop op die toekoms besig is om uit te loop a.g.v. die land se agteruitgang nie. Om voor 'n rak te staan met geld en te besef van vandag af kan ek net nie meer kos bekostig nie. Ek haal een persoon se woorde aan ”Julle kos was 'n groot aanvulling in die verlede, maar van nou af is dit wat ons het.” Dan in die volgende sin sê hulle “Ons vertroue is nog steeds op die Here”

Ons het ook 144 brode saam geneem en Sondag oggend gaan uitdeel. Daar was 'n lys met name en nie een is oor geslaan nie. Een sinnetjie van 'n ou dame sal my altyd bybly “Hoeveel snye mag ek vir my afsny?” Dan eers kom die besef dat hulle alles deel, dat hul saamstaan en mekaar ondersteun. En as ons dan groet, word ons bedank met die woorde “Maar die vars briesie nuwe hoop wat vanaf Weltevreden inwaai, gee krag en die wete dat daar mense is wat omgee, maak dat ons kan vorentoe kyk.” Ons besef nie hoe bevoorreg en geseënd ons is nie.

Ons as gemeente moet aanhou hande vat en weet, dit is beter om te gee as om te ontvang. Namens die Masvingo mense, baie dankie vir alles. Familie in Christus Masvingospan Ek is oneindig dankbaar vir die geleentheid om Masvingo te besoek. Dit het my lewe verander.


BLYWENDE INDRUKKE:

Die Span - Elkeen so spesiaal. Ek kon Jesus in hul lewens sien en die kameraderie tussen die spanlede is iets om jaloers op te wees.
Die verskriklike nood - Die leë winkels, min elektriesiteit, geen gas, min diesel, die algehele verwaarlosing, aan die een kant + die mense se blymoedigheid + opregte dankbaarheid, het my aan die hart gegryp.
Zimbabwe is 'n pragtige land. Laat ons saam Bid en saam staan om vir hulle alle moontlike hulp te gee.
Jesus Liefde
Marlene.
Hoe kan jy help?



 
Naam Epos Selnommer
     

 


 
Getuienis


“Alle eer aan die Here!”

God se grootheid en almagtigheid het op hierdie uitreik duidelik uitgestaan. Van die oomblik dat die skenkings begin instroom het, tot dat ons veilig terug was.

Die Here het ons geleer om volkome op Hom te vertrou. Ons het Vrydagaand die uitreik oorgegee aan God en 'n stap in geloof geneem. Ons het geglo dat die Here in beheer was, dat Hy reeds die pad voorberei het en dat sy tydsberekening perfek is. Wat 'n onvergeetlike, lewensverandering ervaring was dit nie, om God te sien deure oop en toe maak, sodat Sy Wil kon geskied.

As gevolg van sy se perfekte tydsberekening het die voorrade op die regte tyd in Masvingo aangekom. Daar is duidelik aan die mense oorgedra dat die voorrade van die Here af is en dat ons slegs gebruik is om Sy Liefde aan hulle oor te dra. Hulle het met dankbare harte en trane in die oë dankie gesê.

Wat 'n roerende belewing om die blydskap op hulle gesigte te sien oor 'n brood. Die oomblik was heilig!. Die Here is besig om ons te lei en te leer wat dit werklik beteken om te dien, lief te hê, bereid te wees om gemak te verruil vir diensbaarheid, terwille van mense in nood, sodat hulle God se liefde kan ervaar.

Ons beloning was die Vrede “(wat alle verstand te bowe gaan)” wat ons ervaar het, in 'n land waar daar onrus heers. Al wat ons kan sê: “Alle eer aan die Heer!”

[Mri Furguson - Oktober 2007 Uitreik]



“Ek verseker jou, toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgegordel en het jy rondgegaan waar jy ook al wou,wanneer jy egter oud is, sal jy jou hande uitsteek en iemand anders sal jou klere vasgordel en jou bring waar jy nie graag sal wil wees nie” - Joh. 21:18

Dis bloot menslik om so vasgevang te word in ons eie daaglikse stryd om te oorleef dat ons selde dink aan die nood van ander.

Woorde kan nie die toestand tans in Masvingo/Zimbabwe beskryf nie. Die feit is dat kinders elke dag honger skool toe gaan omdat winkelrakke dolleeg is, dat pensionarisse weens inflasie nie eens ‘n brood per dag meer kan bekostig nie.

Die asemrowende natuur van die land staan in skerp kontras met die armoede & hartseer in die land. Meeste mense wat daar woon het alles verloor in die onteieningsproses: huise, plase, en werk. Dis net die wonder van genade wat keer dat hierde mense nie voel asof hulle deur God verlaat is nie.

Nogtans is ons oral met ‘n vriendelike glimlag begroet. Om sulke dankbaarheid vir al die voorrade wat ons saamgebring het te sien in oë wat dof is van hartseer, het ons uitreik die moeite werd gemaak.

Die hoogtepunt vir my van hierdie uitreik was beslis die preek van Ds Madder Steyn Sondag en die geselsies met hom in die voertuig.

[Henk Beekhuizen - Oktober 2007 Uitreik]



Ons het beleef hoe die Here hierdie visie van 'n paar mense omsit in 'n wonderwerk wat net deur God gedoen kan word. Elke persoon wat betrokke was en gehoor het van die uitreik kan getuig daarvan.

Die predikant wat die Here daar wou hê is saam met ons, voedsel, medikasie en noem maar op, het saam gegaan, maar die grootste is hoop en liefde wat ons vir hulle gebring het. Een persoon het gesê dat hulle nie gedink het dat ons weer sal kom nie.

Nou weet hulle daar is nog mense en 'n gemeente wat omgee en vir hulle bid. Ons het hulle weer opgelig, moed ingepraat, die preek van Sondag het vir hulle baie beteken. Ons het net weer tot die besef gekom hoe belangrik dit is dat die mens van tyd tot tyd versterk moet word deur mense en deur God se woord.

Ons sal ook met die e-pos met hulle in verbinding bly en so ook met die ouetehuis.

Baie dankie gemeente vir die omgee wat ons gesien het. Romeine 12:11 - 13 "Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood."

[Marietjie - Oktober 2007 Uitreik]



Die kanselkleed in die ou groot toringkerk met die woorde “DIE HERE SAL VOORSIEN” vertel die hele verhaal.

Ons pad het met die NG Gemeente op Masvingo gedurende die 2007 Mosambiek uitreik gekruis en ‘n sterk gevoel het dadelik begin groei om hierdie mense se nood raak te sien en hulle te ondersteun.

Die gedagte is na die Getuieniskommissie en Gemeente geneem en ‘n groot golf het begin ontstaan tesame met oud Dominee Madder Steyn by Sunrise View aftree – oord in Pretoria. Mildelike kontantskenkings en voorrade is ontvang en gedurende die naweek van 5 – 8 Oktober na Masvingo geneem.

Soos wat die legkaartstukkies inmekaar geval het, het ons al hoe meer besef hoe groot die kragnetwerk van die Heilige Gees is. Baie mense buite Weltevreden Gemeente is deel van hierdie “Masvingo netwerk” en ons glo dat die Here glimlag soos wat ons almal saam hande vat.

Ons dank ons Hemelse Vader vir hierdie voorreg om deel hiervan te kan wees – ons beker loop oor.

[Eddie Page - Oktober 2007 Uitreik]

Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Eddie Page011-67956150825593791 epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"