Het jy geweet van dié Plakkerskamp naby ons?

As jy graag wil help om nood te verlig by die Plakkerskamp naby die Krugersdorpdam, hier is 'n geleentheid!




Hier is nog fotos!

Vir die wat nie bewus is daarvan nie hiermee besonderhede van die plakkerskamp by die Krugersdorpdam.

Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke. Die algehele omstandighede daar is benard en bly die mense in haglike omstandighede.

Die broodnodigste artikels om mee te begin:-

  • Tente of enige seile om tente waterdig te maak
  • Ou karavane
  • Zozo hutte
  • Enige beskutting waar kleuters gehuisves kan word
  • Enige speelgoed vir die kinders
  • hout
  • spykers en skroewe
  • Sinkplate
  • Enige staal
  • Ou hout pallets
  • komberse en kussings
  • enige wol en breipenne
  • Naaldwerkmasjien en gare
  • sement
  • Beligting - 10 florecent ligte 4vt, 5vt en 6 vt
  • Brazing Rods
  • Plasiese tafels en stoele
  • As iemand weet van afdak om voor die sopkombuis op te sit
  • Skoonmaakmiddels
  • Enige baba badmiddels, medisyne, poeier, weggooidoeke ens
  • Kinderklere
  • Elektriese draad en trip skakelaars
  • Gas bottels. en stofies
  • Enige medikasie, hoesgoed en pleisters, Savlon,
  • Babakos en melk
  • Sambrele vir skaduwee
  • Enige kos, blikkies, sop, pasta, groente en vrugte ens vir die sopkombuis
  • teels en teelsement
  • Energie besparings gloeilampies
  • Swartsakke vir gemors tuingereedskap, grasmasjiene en kantsnywers
  • hulp sal ook benodig word om die goedere wat geskenk word, na hulle te vervoer

Kleingroepe en individue word aangemoedig om te help om die nood te verlig.

Koördinering van hulp

Ten einde hulp te koördineer word daar vriendelik versoek dat u sal skakel met Sonet Guy (ons gemeente se bemarkingsbestuurder) wat aangebied het om hierdie projek namens die gemeente te koördineer en te verseker dat die skenkings die persone in nood bereik. Kontak Sonet by 011-4755510 vir enige navrae.

Ons sal enige nuus en vordering met die hulpverlening hier plaas.