Ons Kerk
Dagboek & Nuus
Jeug
Naskoolse lidmate
Geestelike Groei
Versorging
Aanbidding
Getuienis
Projek Prisma
Bedieninge
Preke
Kontak Ons
Tuisblad
Verlede-Hede-Toekoms
Ligging
Leraars
Eredienste | Doop | Nagmaal
Nuwe Lidmate - Intrekkers
Belydenisskrifte | Formuliere
Kerkkantoor
Dagboek
Afkondigings
Weltenuus
WelteWoord
Peuterhoekie
Kleuterkerk
KIX Kerk
Junior Kategese
Senior Kategese
Jeuguitreike
G5 - 18 tot ??
Stof tot nadenke
Toerusting - Kursusse en Werkswinkels
Persoonlike Getuienisse
Kleingroepe
Aksie Omgee
Helpmekaar
Barnabas
Silwerhoekie
Huishulpklas
Blouhuis
Huis Erasmus
Jan Hofmeyer
Zandspruit
Noodspens
Cosmo City
Weltesemble
Koor
Band
Blommebediening
Verwelkoming
Parkering
Erediens-dienste
Elektroniese dienste
Drama aanbiedinge
MES
Mosambiek
België
Operasie Mobilisasie
Behoeftes & Voordele
Nuus
Fondsinsameling
Vrae & Antwoorde
Kerkraad
Gemeentebestuur
Beplanningskommissie
Barmhartigheid
Gestuurde Gemeentes
Eiendomskommissie
Finansiële Kommissie
Ekumeniese Eredienste
Aanbiddingskommissie
Diensbaarheidskommissie
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
KLEUTERKERK
Meer oor ons...
By die Kleuterkerk word daar spesiaal aandag aan die kleuters gegee terwyl hulle ouers die 8:00 of 10:00 eredienste in die kerkgebou bywoon.
Die Kleuterkerk vind plaas vir kindertjies tussen 3 jaar en Graad R in die onderste lokaal (mees links) van die nuutgeboude bedieningsruimte vir ons kinders . Die byeenkoms is 'n besondere erediens en moet nie gesien word as net 'n speelgroepie nie.
Ons beskik oor 'n wye verskeidenheid lesse spesiaal geskryf vir kleuters en die lesse word aangepas by die ouderdomsgroep van die kleuter. Elke les dra een of ander Bybelse waarheid aan die kleuter oor in 'n storievorm en word altyd opgevolg deur 'n praktiese aktiwiteit: verf, inkleur, koekies versier, plak, en des meer wat gewoonlik die hoogtepunt van die les vorm vir die kleuter.
Ons het ook 'n klimraam-fasiliteit wat soms tydens die lesperiode of aan die einde van die lesperiode deur kleuters benut mag word – altyd onder streng toesig van volwasse persone. Kleuters bly by toesighouers totdat hulle deur ouers afgehaal word, nie deur 'n ouer boetie of sussie nie, na afloop van die erediens.
Ons leidsters beskik bykans altyd oor onderwys-vaardighede en kwyt hul besonder goed van hul opvoedingstaak. Ons het ook heelwat helpers (bereidwillige mammas) wat ook die leidsters bystaan in al die spoeg-en-plak-aktiwiteite en soms net 'n kleintjie op die skoot vashou.
Die groepleidsters is in 4 groepe ingedeel. Ons werk op 'n rotasiebasis wat meebring dat elke groep so een keer in vyf weke verantwoordelik is vir 'n lesbeurt. Dit bring mee dat juffrouens afwissel en daar dus nie elke Sondag dieselfde juffrou aan diens is nie. Groepleidsters kan gevolglik ook die eredienste bywoon. Die kleuters leer vinnig die groepleidsters ken en het nog altyd goed ingeskakel.
Belangstellendes wat wil inskakel, kan met die koördineerder skakel.
JAARBEPLANNING EN KONTAKBESONDERHEDE VAN GROEPLEIERS
Hoe kan jy help?
Ek wil graag help om vir 'n diensbeurt toesig te hou by die kleuterkerk
Ek wil graag stories vir die kinders voorlees by die kleuterkerk
Ek wil graag inkleurboeke, kryt of potlode skenk vir die kleuterkerk
Naam
Epos
Selnommer
Kontakbesonderhede
Kontakpersoon
Tel
Sel
E-pos
Jacqueline Kemp
011-4755510
0769207834
epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"