Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 KLEINGROEPE
Meer oor kleingroepe...

Ervaring leer dat mense die beste tuis voel in gemeentes waar daar uitgebreide kleingroepe bestaan.

Gemeentelede in die kleingroepe leer mekaar baie beter ken en raak al meer betrokke by mekaar. So kan groeplede mekaar beter dien met hul onderskeie gawes en prakties die Woord van God uitleef.

Groepe besluit self waarop hulle hul fokus wil plaas. Sommige fokus op Bybelstudie, ander op omgee en versorging en nog andere op die behoeftes van afgetredenes en jong getroudes.  Sommige groepe identifiseer ook projekte of fondsinsamelings, wat hulle dan as groep aanpak.

Om praktiese redes kan sommige groepe nie meer lede neem om by hulle in te skakel nie.  Daar is tans 43 kleingroepe wat aktief is.
Ons moedig lidmate aan om in te skakel by kleingroepe, of waar hulle 'n spesifieke behoefte het, 'n nuwe groep te begin.


BYBELSTUDIE TEMAS VIR KLEINGROEPE

Hier is interessante uitgewerkte temas vir bespreking in julle kleingroep.


KLEINGROEPE NUUS

Kleingroepbyeenkomste

Byeenkomste vir kleingroepe vind gereeld plaas in die Grootsaal. Belangstelling is gewoonlik goed en word dit veral bygewoon deur bestaande groeplede sowel as lidmate wat nog nie by enige kleingroepe ingeskakel is nie.

Daar word veral gefokus op die volgende:
  • dat verskillende groeigroepe mekaar ontmoet
  • geleentheid te gee aan nuwe intrekkers om in te skakel by 'n kleingroep of om nuwe groepe te vorm saam met ander nuwe intrekkers (dit is belangrik dat daar 'n persoonlike ontmoeting sal wees tussen die gemeentelede en dat dit nie net 'n naam op papier sal wees nie)
  • dit duidelik maak waar kleingroepe in die gemeente inpas
  • vrywilligers te betrek wat deel wil word van die Groeigroepkommissie
  • Nuwe voorstelle om die struktuur van groeigroepe te verbeter, word altyd verwelkom
  • lekker saam te kuier
Verskeie nuwe intrekkers word deel van bestaande groepe en dit gee nuwe stukrag aan die voorneme om kleingroepe in ons gemeente uit te brei.


Is jy op soek na 'n Kleingroep om by in te skakel wat jou profiel pas?
Wil jy graag 'n nuwe Kleingroep begin?

Hoe kan jy help?



 
Naam Epos Selnommer
     

 


Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Christa Oosthuysen011-4755510  epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"