|
|
|
KINDERS-IN-CHRISTUS KERK (KIX KERK) |
|
Meer oor ons... |
|
Daar word 'n afsonderlike diens vir die kinders gehou tydens skoolkwartale in die
Grootsaal. Die eredienste is gerig op kinders vanaf graad 1 tot graad 6.
Die kategeseskool vind direk na die diens plaas.
Die aantal kinders wissel tussen 200-250.
PROGRAM - 2008
KIX-KERK KATEGETE KONTAKBESONDERHEDE
Daar word gewoonlik jaarliks 'n Kersopvoering gehou waarby die kinders betrokke is. Gedurende 2007 het die kinders besoek afgelê by die
St Michaels tehuis vir bejaardes waartydens kersliedjies gesing is.
10 Maniere om
jou kind lief te maak vir kerk toe gaan
Stel ’n
goeie voorbeeld. Jou kind gaan waarskynlik nooit lief wees vir groente as jy jou
neus daarvoor optrek nie. Net so sal kinders aanvoel as jy nie opreg lief is vir
God en graag kerk toe wil gaan nie.
Sorg dat
Sondae spesiaal en anders is. Probeer om as gesin saam ontbyt te eet, of sorg vir
croissants of vars rolletjies en koue vleis in plaas van die gewone ontbytgraan.
Vermy sover
moontlik ’n dolle gejaag voor kerk. Probeer klere die vorige aand regsit sodat niemand
oor die strykyster hoef vuis te slaan of in die wasgoedmandjie hoef te krap nie.
Maak kinders
van jongs af gewoond aan kerk. Maretha Maartens sê tereg in haar boek, Motte en
Magrietjies, dat ons net ’n paar genadejare het waarin ons die regte waardes by
ons kinders kan kweek en hulle lief kan maak vir kerk. “Waar is daar ’n vierjarige
wat siniese redenasies kan aanvoer wanneer ’n ma soos Magriet vir hom fluister:
‘Sien jy hierdie mense? Dis nou ons ander familie, ons kerkfamilie. Sien jy hierdie
kerk? Dis die mooiste en rustigste plek in die hele stad, want dis God se huis.’”
Moenie wag tot jou kinders kan stilsit voor jy hulle saam neem kerk toe nie!
Kies klere
wat anders is as gewone speelklere. Kinders kan self een spesiale rok of hemp uitsoek
wat net vir kerk gebêre word. Dogtertjies kan ’n bietjie parfuum of ’n mooi armbandjie
dra. So vestig jy ook by hulle die gedagte dat Sondae en kerk toe gaan anders en
spesiaal is.
Die meeste
gemeentes het spesiale programme vir kleuters en kinders. Sorg dat jou kinders gereeld
daarby inskakel sodat dit vir hulle ’n bekende omgewing is en hulle maksimum voordeel
daaruit kan put. (Indien daar nie is nie, is dit miskien tyd om so iets in julle
gemeente te begin. Gaan gesels gerus met jou predikant.)
Raak betrokke
by kinderkerk en ander programme vir kinders. Bied aan om te help, woon dit van
tyd tot tyd saam met jou kind by en gesels agterna oor wat hulle gedoen en geleer
het.
Gaan so
gereeld as moontlik as gesin saam kerk toe. Moenie net jou kinders by die Sondagskool
aflaai en wegry nie. Maak kerk toe gaan deel van julle Sondagroetine. Daar is niks
mee verkeerd om een keer in twee maande as gesin te gaan uitkamp of te gaan bergklim
nie, maar dit moet die uitsondering en nie die reël wees nie.
Moenie
van klein kindertjies verwag om die heel tyd stil te sit nie, veral nie as hulle
die heeltyd in die volwassenes se diens moet wees. Dit is onnatuurlik vir ’n driejarige
om vir ’n uur lank stroopsoet te sit! Neem vir hulle Bybelboekies saam wat hulle
kan lees, of neem hulle uit as hulle te kriewelrig raak. Vermy ten alle koste ’n
bakleiery oor stilsit!
Gesels
agterna oor die erediens en oor wat daar gebeur het. Verduidelik aan kinders wat
gebeur wanneer ons nagmaal vier of wanneer babatjies en ander mense gedoop word
en gebruik die geleentheid om hulle ook van hulle eie doop te vertel.
[Met erkenning
aan LIG]
|
|
|
Kerssangdiens 2006...
en
...besoek aan St Michaels gedurende 2007!
|
|
Hoe kan jy help? |
|
|
Kontakbesonderhede |
| Kontakpersoon | Tel | Sel | E-pos |
| Jacqueline Kemp | 011-4755510 | 0769207834 |
epos
|
|
|
|
|