|
|
|
KERKRAAD |
|
Meer oor die Kerkraad... |
Die Kerkraad bepaal die visie, evalueer die beplanning, bestuur en strategie
van die gemeente en keur begrotings goed. Daar bestaan verskeie kommissies binne
die Kerkraad, en die leiers van verskeie kommissies dien op die Kerkraad.
Die Kerkraad funksioneer vanaf 1 September 2005 ingevolge die volgende huishoudelike
reglement:
Samestelling
Die Kerkraad word saamgestel uit:
- Die Leraars van die gemeente
- 20 Ouderlinge, wat 2-jaarliks aangewys word deur ‘n vergadering van al die Leraars,
ouderlinge en diakens.
- 5 Diakens, wat 2-jaarliks aangewys word deur ‘n vergadering van al die Leraars,
ouderlinge en diakens.
Voorsitter
Die Kerkraad wys jaarliks ‘n voorsitter aan uit die ouderlinge en Leraars.
Vergaderings
Die Kerkraad vergader minstens 4 maal per jaar.
Kworum
Die helfte van lede plus een.
Bevoegdhede
Die Kerkraad is verantwoordelik vir die opsig oor, regering van en tug in die gemeente.
Besondere Bevoegdhede
-
Die Kerkraad se belangrikste taak is om die wil van God vir die gemeente te onderskei.
-
Bepaal die visie van die gemeente
-
Keur jaarliks die begroting goed
-
Beroep Leraars
-
Wys afgevaardigdes na meerdere vergaderings uit die korpus van alle ouderlinge en
diakens aan
-
Besluit oor die delegering van werksaamhede aan kommissies en taakspanne
- Oefen
amptelik tug uit
-
Bepaal die bedieningsverantwoordelikhede van ouderlinge en diakens in die gemeente
-
Kan verslae van die Gemeentebestuur en enige kommissie of bediening in die gemeente
aanvra.
Skribaat
Die Skribaat van die Kerkraad word hanteer deur die persoon wat die Kerkraad
van tyd tot tyd aanwys om dit te doen.
|
Nuwe Aanstellings |
|
Daar was geen onlangse nuwe aanstellings nie. |
|
|
Kontakbesonderhede |
| Kontakpersoon | Tel | Sel | E-pos |
| Willem de Beer | | 0828074252 |
epos
|
|
|
|
|