Gedurende die April-vakansie elke jaar gaan die jeug, vergesel deur 'n dominee
en ander gemeentelede, op 'n uitreik.
In 2006 het die span uit nege lede bestaan en het hulle die gemeenskap
in Manjacaze
in Mosambiek besoek.
Daar is gehelp met kerk bou, evangelisasiewerk is gedoen, die Jesus-film is vertoon,
vriendskapsbande gesmee en nog baie meer.
JEUGUITREIK 2007!
Die 2007 jeuguitreik na Manjacazi, in die suide van Mosambiek, het plaasgevind tussen
25 Maart en 2 April 2007. Die doelwit dié jaar was:
- om ’n kerk vir ’n gemeenskap net buite
Manjacaze
te bou (die inweidingsdiens was op 1 April 2007);
- kinderbediening vir 150 – 200 kinders.
Die span het bestaan uit:
Volwassenes:
- Ds Hettie van
Niekerk
- Gideon Malan
- Jacques Mostert
- Pieter Potgieter
- Ellouise du Preez
Kinders:
- WK van der Merwe
- Carami Marais
- Tilana Meyer
- Cilly van Niewenhuisen
- Jeanne Marie Viviers
- Charné Oosthuysen
- Bianca Emerich
- Doret Niemandt
- Idette Potgieter
- Hanno Breedt
- Jaco Meyer
- Jacques Verster
- Jeandre Verster
- Kesia Blaauw
Die uitreikspan het aangesluit
by
Gerhard, die sendeling wat ons gemeente in die suide van Mosambiek ondersteun. Gerhard
is betrokke by baie gemeenskappe in Mosambiek. Lees die aangrypende briewe
wat hy aan ons gestuur het oor die probleme wat in Mosambiek ondervind word.
Dankie aan al die borge vir julle
ondersteuning
met:
- 4-5 dubbelkajuit voertuie en/of
SUV’s
- Fondse sodat hulle Bybels &
boumateriaal kan koop
- Fondse vir kos, reiskoste,
fooie, ens.
Lees hier meer
oor al hulle ervaringe wat ons per sms van hulle ontvang het tydens hulle uitreik!
|