Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 JEUGUITREIKE
Meer oor Mosambiek en sy inwoners...
LIGGING
PROVINSIES
TAAL
EKONOMIE
GODSDIENSVRYHEID EN RELIGIEUSE DEMOGRAFIE

LIGGING
Ons gemeente se jeuguitreik sal plaasvind na die dorpie Manjacaze. Manjacaze is geleë in die provinsie Gaza, in die suidelike gedeelte van Mosambiek met Xai-Xai as die hoofstad van daardie provinsie.

Die kaart hieronder wys duidelik die ligging van Mosambiek.
 

PROVINSIES
Gaza het 'n oppervlakte van 75,709 km2 en 'n beveolking van ongeveer 1.3 miljoen (2002). Xai-Xai is die hoofstad van die provinsie.
Kyk na Manjacaze op die Manjacaze google map ("zoom" in! en sien die dorpie en geboue)

TAAL
Die amptelike taal is Portugees maar dit word gepraat deur slegs ongeveer 'n kwart van die bevolking wat skoolopleiding ontvang het. Portugees is die taal vir onderwys, besigheid en die regsisteem wat 'n groot probleem inhou vir die meerderheid inwoners wat dit nie kan praat of skryf nie.

Daar is ongeveer 60 ander tale of dialekte in Mosambiek in gebruik. Hulle kan rofweg volgens geografie gekategoriseer word. Ongeveer 40% van die bevolking wat noord van die Zambezi-rivier woon, praat Makua-Longwe dialekte. Tsonga oorheers die gebied suid van die Limpopo en Tonga and Shona word hoofsaaklik in die sentrale gebiede gepraat. 'n Sekere deel van die bevolking in die noordelike kusgebiede praat KiSwahili, 'n afrikataal met arabiese invloede.

Hier is 'n paar portugese frases:

Goeie more - Bom dia
Goeie middag -
Boa tarde
Goeie naand -
Boa noite
Hello - Hola
Totsiens - Até logo

EKONOMIE
Mosambiek het 'n baie swak ekonomie en die inwoners gaan gebuk onder baie natuurrampe.

Ongeveer 80% van die bevolking van Mosambiek werk in die landboubedryf en baie is afhanklik van hulle vee-kuddes. Boere in die landelike gebiede het baie swaargekry as gevolg van die 16 jaar lange burgeroorlog wat eers in 1992 tot 'n einde gekom het. Baie het gedurende daardie tydperk al hulle veer en besittings verloor en die totale infrastruktuur is vernietig.

Eers in 1999, na 'n lang rehabilitasie-program was die land vir die eerste keer sedert die burger-oorlog in die posisie om genoeg voedsel vir sy eie bevolking te produseer. Ongelukkig het die katastrofiese vloede van 2000 en 2001 en die daaropvolgende droogte die rehabilitasie-proses jare teruggesit.

Daardie gebiede word gekenmerk deur hoë bevolkingsdigtheid en ongereelde reenval. Daar is beperkte vooruitsigte vir die suksesvolle produsering van gewasse. Families voer 'n oorlewingsbestaan deur beeste, bokke en hoenders aan te hou.

In die afgeleë plaaslike gebiede waarin 'n groot deel van die bevolking voorkom, word daar geen regeringsondersteuning verskaf nie. 'n Opname het getoon dat tot 40% van huishoudings in daardie gebiede, 'n groot hoeveelheid van hulle hoenders verloor weens Newcastle siekte wat eintlik deur inenting voorkom kan word.
ekonomiese bedrywighede...

GODSDIENSVRYHEID EN RELIGIEUSE DEMOGRAFIE
Die konstitusie voorsien vir godsdiensvryheid en die reg word in die algemene praktyk deur die staat respekteer.

Volgens die laaste sensusopname in 1997, het ongeveer die helfte van die bevolking van 19.4 miljoen aangedui dat hulle nie verbonde is aan enige godsdienstige groepering of godsdiens beoefen nie. Daar word egter geglo dat meeste van hulle een of ander soort "indigenous" geloof beoefen.

Die religieuse demografie kan soos volg ingedeel word:

  • 50% behoort nie aan enige godsdienstige groepering nie
  • 9.9% is Rooks-Katoliek
  • 9.07 is Protestante
  • 8.25% is Moslem (die Moslems plaas die syfer is dispuut)
  • verskeie ander denominasies maak die res op

Die godsdiensgroeperinge kom deur die hele land voor. Die Noordelike provinsies is sterk Moslem, veral langs die kusgebiede, maar dan is daar ook sekere gebiede in die noordelike provinsies wat weer sterk Katoliek en Protestant is. Katolieke en Protestante groeperinge is weer sterk in die suide en sentrale gebiede maar daar kom ook Moslem minderheidsgroeperinge voor.

Volgens regeringsbronne is die Christene ("evangelic christians") die vinnigste groeiende godsdiensgroep.

Daar is 722 godsdiensdenominasies en 124 godsdienstige organisasies by die Departement van Godsdienssake (deel van die Departement van Justisie) geregistreer.

 

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"