Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 NUWE LIDMATE - INTREKKERS
Welkom by NG Gemeente Weltevreden!
 

Kan mens tuis wees in ‘n gemeente met meer as 4200 lidmate? Ja, baie beslis! Veral as jy (en jou gesin) uit die staanspoor besluit om betrokke te raak.

Weltevreden gemeente is 'n dinamiese gemeente met bedieninge vir kleuters, tieners, Naskoolse lidmate en ouer persone.

Hoe word nuwe intrekkers verwelkom?

Dit is die gebruik in ons gemeente om nuwe lidmate te ontmoet by ‘n verwelkomingsgeleentheid.

Hierdie geleenthede vind een keer per maand (gewoonlik die laaste Maandagaand van die maand) om 19:00 in die Grootsaal plaas. Die doel is om:
  • nuwe intrekkers persoonlik te ontmoet;
  • hulle te help om administratiewe aangeleenthede af te handel;
  • in te lig oor die aktiwiteite, aksies en werksaamhede van die gemeente;
  • besonderhede te verskaf van kleingroepe waarby ingeskakel kan word; en
  • inligting en kontakbesonderhede te verskaf

Na die geleentheid word koffie/tee en verversings bedien en geleentheid gebied om ander intrekkers te ontmoet.

Ons is terdeë bewus daarvan dat verskillende mense oor verskillende gawes beskik. Dalk kan jy dit ook in ‘n bediening ten opbou en uitbou van die kerk aanwend. Die verskillende bedieninge binne ons geloofsgemeenskap bied aan elke lidmaat ‘n plek. Ons moedig gemeentelede aan om so spoedig moontlik betrokke te raak. Só sal jy nie net geestelik groei nie maar ook terselfdertyd hegte vriendskapsbande met medegelowiges smee.

Indien jy by enige bediening betrokke wil raak of inskakel, kontak asseblief die kerkkantoor vir meer inligting.

 

Wanneer en waar is die volgende verwelkomingsgeleentheid?

Die datums vir dié jaar word hieronder aangedui. Jy kan ook die Dagboek dophou.

DatumTydWaarKontakpersoonKontaknommer
26-November-200719:00GrootsaalChrista Oosthuizen011-4755510
28-January-200819:00KleinsaalChrista Oosthuizen011-4755510
25-February-200819:00KleinsaalChrista Oosthuizen011-4755510

As jy onseker is oor die roete na die kerk, volg die aanwysings. Die Grootsaal en Kleinsaal word onderskeidelik as "Saal" en "Kleindaal" op die plan aangedui.

Wat kan jy saambring of wat kan jy voltooi om die administratiewe proses vinniger af te handel?

Jy hoef niks voor die tyd te doen nie, maar is baie welkom om die meegaande dokumente af te laai, uit te druk en te voltooi, indien jy tyd wil bespaar.

Nuwe Lidmaat-Inligtingsvorm

Hoe bly jy ingelig oor wat in die gemeente gebeur?

Elke Sondag sal daar afkondigings by die deure uitgegee word wat die nuus en werksaamhede vir die volgende tydperk uiteensit.

Jy kan ook die weeklikse nuusbrief bekend as Weltenuus, wat die kantoorpersoneel opstel en uitreik, aflaai of aanlyn lees.

Dan word die gemeenteblad, die WelteWoord ook kwartaalliks saam met ander pos aan gemeentelede gestuur. Die gebruik is om dit beskikbaar te stel op tafels by die ingang van die kerk vir gemeentelede om af te haal.  Dit spaar aansienlike posgeld vir die gemeente wat vir ander aksies aangewend kan word.  Indien jy dit nie kon afhaal nie, sal dit so gou moontlik aan jou gepos word.

Jy kan ook al die aktiwiteite van die gemeente op ons Dagboek sien.  Sodra die afkondigings, Weltenuus en WelteWoord uitgestuur of oorhandig is, word dit ook op die webwerf geplaas totdat dit verouderd is, waarna dit verwyder word.  Jy kan na hierdie dokumente op die webwerf kyk, aflaai en dit uitdruk.

Enige verdere kommunikasie-navrae kan na die kerkkantoor verwys word.

Waar kan jy met een van die gemeente se Leraars in verbinding tree?

Die Leraars van NG Gemeente Weltevreden sal graag van hulp wees. Jy is welkom om te enige tyd met hulle in verbinding te tree.
Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Christa Oosthuysen011-4755510  epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"