Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 HUIS ERASMUS
Meer oor ons...

Die NG Gemeente Weltevreden ondersteun Huis Erasmus by die Abraham Kriel-Maria Klopper-kinderhawe.


Aktiwiteite wat hier plaasvind, is:
  • algemene instandhouding van Huis Erasmus;
  • huisverbeterings;
  • tuinversorging;
  • uitstappies saam met die kinders;
  • aanvulling van kruideniersware, toiletware, linne en klere;
  • ondersteuning van huisouers;
  • mediese ondersteuning;
  • lewensvaardigheidsopleiding;
  • hulp met skoolwerk;
  • Kerspartytjies saam met die kinders;
  • die spesiaalmaak van kinders se verjaarsdae;
  • aandag word gegee aan matriekafskeidsklere, en klere vir belydenis van geloofaflegging;
  • ‘n afsluitingsfunksie word aan die einde van elke jaar gereël;
  • besoeke aan die kinders;
  • besoeke van die kinders aan naweekouers binne die gemeente

Die profiel van Huis Erasmus het onlangs verander, deurdat dit toenemend as deurgangshuis gebruik word. Die kinders word eers na Huis Erasmus oorgeplaas en sodra die spesifieke behoeftes vasgestel is, word die kinders na 'n plek van veiligheid geneem.

Dit bied groot uitdagings, aangesien dié kinders intense aandag nodig het en dit moeilik is om 'n verhouding met hulle op te bou.

Die kinders van Huis Erasmus is tussen die ouderdomme van 7 tot 18 jaar. Die kinders op dié ouderdom is besig om die volwasse wêreld te betree en het konstante leiding en ondersteuning nodig. Daar is gewoonlik ongeveer 23 seuns en meisies wat gehuisves word in Huis Erasmus. Die verskeie behoeftes van die individuele kinders maak Huis Erasmus baie dinamies.

Persoonlike uitdagings:

  • dienswerk is nie maklik nie en verg opoffering en verbintenis;
  • Huis Erasmus is 'n uitdaging wat jou nader aan God en ander lede in ons gemeente sal beweeg;
  • die afstand na Huis Erasmus maak dit nie altyd moontlik om gereeld die huis te besoek nie;
  • die kinders beweeg in en uit die huis op 'n gereelde basis en dit maak dit moeilik om verhoudings te bou.

Ons glo dat elkeen van ons 'n unieke bydrae kan maak tot dié kinders se lewens. Hulp van persone word benodig om hulle unieke gawes, passies en persoonlikhede te gebruik wat God vir ons gegee het om die kinders in alle omstandighede te ondersteun.

Hoe kom ek daar?

Laai die kaart af vir jou roete na Huis Erasmus.

 

Hoe kan jy help?













 
Naam Epos Selnommer
     

 


 
Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Elnika Pienaar011-47654800829013160 epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"