Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 GEMEENTEBESTUUR
Meer oor ons...
   
Die gemeentebestuur en kerkraad kamp jaarliks gedurende Februarie. Hier was die kampgeleentheid gedurende die naweek van 3 Februarie 2007 by Achterberg om verskeie sake rakende die bestuur van die gemeente te bespreek.

Die gemeentebestuur bestaan uit die Leraars, gemeentebestuurder en die voorsitters van die verskillende kommissies binne die kerk. Hulle neem dag-tot-dag-besluite rakende bedryfsake en hanteer ook alle korrespondensie.
 
Die Gemeentebestuur funksioneer ingevolge die volgende huishoudelike reglement:

Samestelling
Die Gemeentebestuur word saamgestel uit die volgende persone, wat nie noodwendig ouderlinge, diakens of Leraars hoef te wees nie:
  • Soveel Leraars van die gemeente as waarop van tyd tot tyd besluit word
  • Die leiers van die volgende bedieninge:
  • Gestuurde Gemeentes
  •  Getuienis
  •  Diens
  • Aanbidding
  •  Diakonie
  •  Jeugbediening
  • Kleingroepe
  •  Eiendomskommissie
  •  Finansiële Kommissie
  •  Kantoorkommissie
  •  Silwerhoekie
  • Diensbaarheidskommissie
  • Die Gemeentebestuurder
  • Die Direkteur Versorging
  • Die Koördineerder, wat optree as skriba van die Gemeentebestuur
  • ‘n Persoon wat jonger generasies (onder 35) verteenwoordig
  • Die Leierouderling, wat dien as afgevaardigde van die Kerkraad
  • Ander persone soos deur die Gemeentebestuur besluit

Voorsitter
Die Gemeentebestuur wys jaarliks ‘n voorsitter aan uit sy geledere.

Vergaderings
Die Gemeentebestuur vergader soos nodig maar minstens 4 maal per jaar.

Kworum
Die helfte van lede plus een.

Opdrag

  • Die Gemeentebestuur se belangrikste taak is om die visie van die gemeente prakties uit te voer
  • Die Gemeentebestuur:
  • Koördineer werksaamhede van diensgroepe, kommissies en taakspanne
  • Bestuur die dag-tot-dag-sake van gemeente
  • Is bemagtig om alle besluite te neem en uit te voer wat betrekking het op die bestuur van die gemeente en aksies in die gemeente.
  • In gevalle waar daar twyfel bestaan, gee die Kerkraad uitsluitsel.
  • Adviseer die Kerkraad m.b.t. die visie van die gemeente en die daarstel van ‘n strategiese plan.
  • Ontvang en beslis oor alle korrespondensie wat aan die gemeente en/of Kerkraad gerig is.
  • Doen verslag van werksaamhede aan die Kerkraad.


Termyn
Lede dien vir ‘n termyn van 2 jaar, en is weer verkiesbaar.

Wysiging
Die Kerkraad wysig hierdie reglement.

 

Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Linda Sandenbergh011-4755510  epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"