|
|
|
APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS |
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter
helle neergedaal het;
Wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;
Opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
waarvandaan hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Ek glo in die Heilige Gees;
Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
Die vergewing van sondes;
Die opstanding van die liggaam
En ‘n ewige lewe.
Amen |
|
|
|