Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 EREDIENSTYE, DOOP, NAGMAAL & HUWELIKE
Erediens - Woensdae 19:00 Vanaf 17 Januarie 2007 tot 7 Maart 2007 sal daar 'n alternatiewe erediens in die Kerk gehou word om 19:00 (Woensdae).  Dié erediens sal 'n herhaling van die Sondagaand-preek wees en dieselfde dominee hê. Dit sal egter 'n eie musiekstyl hê - een tussen die orrel en die 'band', moontlik 'n klavier met een of twee ekstra instrumente daarby. Die erediens sal al die ondersteuningsdienste van 'n gewone Sondag-erediens hê, m.a.w. koster, klank, rekenaar, musiek,  diakens ens.
Eredienste - Sondae
08:00
10:00




19:00



15:00 - Sothodiens
Die oggenddienste is meer tradisioneel en fokus op woordverkondiging en aanbidding. Daar word ook van tyd tot tyd geleentheid gegee vir getuienisse van gemeentelede en terugvoer op gemeente-aksies. Daar is ‘n geleentheid vir saamkuier en teedrink na die 10:00 diens by die kombuis.
 

Die aanddienste is ingerig om aan die aanbiddingsbehoeftes van die jonger generasie te voldoen en daar word sterk gefokus op aktuele temas en lofprysing.


Sothodiens: Elke Sondag om 15:00 in die kerkgebou.
Doop Elke eerste Sondag van die maand Doop word elke eerste Sondag van die maand bedien. Ouers kan ‘n aansoekvorm by die kerkkantoor kom invul en sodoende ook ‘n afspraak maak met ‘n leraar vir ‘n doopgesprek. ‘n “Oomblik van skoonheid” maak ook deel uit van die doop-Sondag, waar instrumentale of stemkunstenaars die Here met hul talent loof. Indien jy voornemens is om te laat doop, kan jy die aansoekvorm hier aflaai en na die kerkkantoor neem.
Nagmaal Een keer per kwartaal Nagmaal word een maal per kwartaal tydens al die eredienste aangebied. Nagmaal word ook tydens ‘n gesinsdiens in die Grootsaal bedien tydens die oggenddienste. Hou die  Dagboek dop vir die volgende Nagmaalgeleentheid. Lees ook die Nagmaalsbrief in die WelteWoord.
Huwelike Deur die hele jaar Reëlings in verband met die gebruik van die kerk en ander geboue vir huwelike kan gereël word met die kerkkantoor.
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"