|
Ons sendeling in Mosambiek deur rowers oorval...
|
Ons versoek gemeentelede om te bid vir Gerhard, die sendeling wat ons in Mosambiek ondersteun, nadat hy deur rowers oorval is. Lees wat presies gebeur het. Bid asseblief vir hulle en as jy enigsins kan help,
kontak gerus die kerkkantoor by 011-4755510.
|
|
|
See-kamp 2008 inskrywingsvorm
|
Die 2008 See-kamp na St Lucia vir Hoërskool-leerlinge vind plaas in September. Agt skole van Johannesburg en Pretoria is betrokke. Dit is 'n jaarlikse instelling. Jongmense en personeel wat nog nie geregistreer het nie of meer
inligting verlang, kan dit hier kry! Gou spring!!
|
|
|
Huwelikskursus - Woensdag 12 Augustus 2008
|
Op 12 Augustus 2008 bied Alda Boer 'n kursus aan vir getroude en verloofde paartjies. Kom gerus om jou huwelik of voorgenome huwelik te verryk. Kontak vir Alda by 011-4755510 as jy inligting verlang of dit wil bywoon.
|
|
|
Thomas a Kempis gebed
|
Die Thomas a Kempis gebed kan hier afgelaai word.
|
|
|
Kursus: Vier en ervaar groei!
|
Gemeentelede wat graag 'n kursus wil bywoon waarin hulle geestelike groei kan ervaar, kan nou kies uit 'n verskeidenheid kursusse. Die reeks begin 31 Julie 2008 om 19:00 vir slegs 4 weke. Om in te skakel, kontak die kerkkantoor by 011-4755510.
Meer info en aanlyn registrasie. Kursusdatums: 31 Julie, 7 Augustus, 14 Augustus en 21 Augustus 2008 om 19:00. 'n Ligte ete word vooraf aangebied teen R20. Bespreek asseblief vir die ete by 011-4755510.
|
|
|
Kairos ...bring die Lig van Christus aan gevangenis
|
Kairos is 'n organisasie van liefde - God se liefde! Die bediening fokus daarop om die Liefde van Jesus aan gevangenis te bring. "I had lost everything that I ever loved because of what I had done. But because of Kairos, I now know that Jesus loves me and
that makes all the difference." Lees meer, besoek webwerf of kontak Andre Potgieter - 0833089573.
|
|
|
Nuwe lidmate inligting- en kuieraand - 28 Julie 2008 om 19:00
|
NG Weltevreden is opgewonde oor elke nuwe intrekker in ons gemeente. Ons ontmoet graag alle nuwe intrekkers en lidmate in ons gemeente by die volgende ontmoetings-geleentheid op Maandag 28 Julie 2008 om 19:00 in die Kleinsaal.
Lees hier meer oor nuwe intrekkers en watter aksies daar is waarby jy kan inskakel. Ons is seker jy sal sommer gou tuisvoel! Kom kuier lekker saam en kry al die inligting in 'n neutedop!
|
|
|
Donderdag Kafee - Donderdag 24 Julie vanaf 19:00 tot 20:15
|
Dis 'n unieke geleentheid waar daar begin word met "Praise and Worship" en daarna gesels word oor aktuele onderwerpe - aangebied deur Ds Hettie & Ds Hansie. Vanaf 18:30 kan jy 'n ligte ete geniet teen R20 (bespreek by kerkkantoor - 011-4755510 vir
die ete). Kom, sluit Donderdag by ons aan!
|
|
|
Manne Ontbyt - 16 Augustus 2008 om 8:00
|
Direkteur Piet Byleveld is hierdie jaar ons gasspreker by die manne-ontbyt wat op Saterdagoggend 16 Augustus 2008 om 8:00 plaasvind. Kaartjies beloop R60 en kan by die kerkkantoor by 011-4755510 bespreek word.
|
|
|
Ds Fourie Rossouw - bevestiging op 10 Augustus 2008
|
Op 22 Mei 2008 het die Kerkraad besluit om Ds Fourie Rossouw van die Stellenberg Kruisgemeente te beroep.
Hy word amptelik op 10 Augustus 2008 by ons gemeente bevestig. Hy en sy vrou, Elmarie trek einde Julie na Gauteng en sal in die pastorie op die kerkgronde woon.
|
|
|
Hamburges en Pannekoek - Vrydag 1 Augustus 2008
|
Op 1 Augustus 2008 word daar weer Hamburgers en pannekoek verkoop ten bate van Projek Prisma. Hamburger kos R16 en pannekoek R2.50. Dit kan by die kerkkantoor bestel word by 011-4755510. U kan dit dan op Vrydag 1 Augustus van 16:00 – 18:00 by die
  kombuis afhaal. Baie dankie vir u ondersteuning.
|
|