Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 BLOUHUIS
Meer oor ons...

Die NG Gemeente Weltevreden ondersteun die Blou Huis by die Abraham Kriel-Maria Klopper-kinderhawe.

Aktiwiteite wat hier plaasvind, is:
  • algemene instandhouding van die Blou Huis;
  • huisverbeterings;
  • tuinversorging;
  • uitstappies saam met die kinders;
  • aanvulling van kruideniersware, toiletware, linne en klere;
  • ondersteuning van huisouers;
  • mediese ondersteuning;
  • lewensvaardigheidsopleiding;
  • hulp met skoolwerk;
  • Kerspartytjies saam met die kinders;
  • die spesiaalmaak van kinders se verjaarsdae;
  • aandag word gegee aan matriekafskeidsklere, en klere vir belydenis van geloofaflegging;
  • ‘n afsluitingsfunksie word aan die einde van elke jaar gereël;
  • besoeke aan die kinders;
  • besoeke van die kinders aan naweekouers binne die gemeente

Die Blouhuis aksie-groep het subkomitees daargestel wat fokus op die bostaande behoefte.  Daar word ook gefokus om verhoudinge met die kinders op te bou.  Die aksiegroep vergader een keer per maand - die laaste Donderdag van elke maand (gewoonlik in klas 17 om 18:00). Geen spesifieke opleiding of kursusse word verlang om deel te wees van die aksiegroep nie.

Hier is die  aanwysings om by die Blouhuis te kom.

Uitdagings

Van die grootste uitdagings waarmee die aksiegroep te kampe het, is:

  • die afstand na die kinderhuis;
  • om gereelde kontak tussen die lede en die kinders te volhou;
  • om betekenisvolle, langtermyn verhoudings tussen die kinders en gemeentelede daar te stel

Daar is tans 12 kinders in die Blou Huis.  Die huismoeder by die kinderhuis is Esther. Sy kan gekontak word by 073-060-5152 of 011-6481394.

Hoekom moet gemeentelede by hierdie aksie betrokke raak?

Hoe meer mense betrokke raak, hoe sterker is die boodskap aan die kinders dat ons omgee. Die kinders het ‘n geskiedenis van disfunksionele verhoudings. Hulle het ook geen verwysingsraamwerk ten opsigte van “normale” gesinne of wat “normale mense" doen nie.

Die meeste kinders het min of geen ervaring van verhoudings met senior burgers nie – die idee van ‘n oupa of ouma is ongekend – en storietyd is iets wat hulle glad nie ken nie.

Ons moet alles in ons vermoë doen om seker te maak dat dié kinders eendag self “normale” lewens het en verseker dat hul kinders nie ook eendag in kinderhuise beland nie.

 

 



Kerspartyjie vir die kinders...

Hoe kan jy help?
















 
Naam Epos Selnommer
     

 


d
Suksesverhale


Antoinette Hartzenberg vertel:

"Die 12de Maart 2006 het die Maria Kloppers kampus hul jaarlikse “Kalkoenfees” gevier. Elke jaar word een van die huise op die kampus aangewys as ‘n “skouhuis”. Vir die skouhuis word die huis reggemaak en word al die gaste genooi om die huis te besigtig. Daar is alreeds verlede jaar begin met die regmaak van die huis deur te begin verf. Die kinders het help kies aan die kleure van hul kamers.

Op 4 Maart 2006 het een van die komitteelede die hele Blouhuis op ‘n uitstappie geneem. Terwyl hulle weg was, het die ander lede van die komitee begin om aan die huis te werk. Mans & vrouens het moue opgerol en help verf, ligte verander, kaste bou, gordyne hang en die kamers begin mooi maak. Om 17:00 die middag het Esther (die huismoeder) en die kinders vir die eerste keer hul “nuwe” huis gesien – met groot opwinding van almal!

Dit was alles net moontlik danksy die skenkings ontvang van die gemeente – sitkamerstel, gordyne, eetkamerstel, mikrogolfoond, televisie, finansieel en veral die tyd van die gesinne wat die Saterdag (en ander dae) kom werk het."

Getuienis

Antoinette Hartzenberg getuig:

"Ek het opnuut besef dat niks te onbelangrik is vir die Here nie – elke behoeftes – klein of groot word aangespreek sonder dat ons dit eers moet aankondig. Dit het al gebeur dat daar ‘n behoeftes was vir lakens en ek ‘n oproep vanaf die kerkkantoor kry om te sê dat daar pas ‘n sak met lakens opgedaag het vir die Blouhuis. Die lys van “wonderwerke” is oneindig!

Ek weet dat betrokkenheid by ‘n aksie soos die Blouhuis tyd vra – iets wat baie skaars is, maar ek kan met sekerheid sê dat die vreugde wat ek elke keer ervaar nadat ek daar gekuier het soveel meer is. Ons word geseën deur uit te reik na ander."

Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Antoinette Hartzenberg011-46236800829090031 epos
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"