Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 AKSIE BELGIë
Meer oor die land België en sy inwoners...
Algemeen
Ligging
Kaart
Klimaat
Inwoners
Kuns, kultuur & musiek
Ekonomie
Godsdiensvryheid en religieuse demografie

ALGEMEEN  
Amptelike name Kingdom of Belgium (Engels), Koninkrijk Bekgie (Nederlands), Royaume de Belgique (Frans)
Hoofstad Brussels
Bevolking 10.3 miljoen (projeksie vir 2010 - 10.1 miljoen)
Oppervlakte van land 30,521 vierkante kilometer (21,3% woude, 21% natuurlike weiding, 24,2% landbou en 33,5% ander gebruike)
Geldeenheid Euro
Geletterdheid 99%
Amptelike tale Vlaams, Duits en Frans
Vernaamste groot stede Brussels, Antwerp en Gent

LIGGING
België is die mees dig bevolkte land in Europa en het 'n Federale Staat geword in 1993. Die land steun baie sterk op uitvoere. Ongeveer 50% van alle produkte wat vervaardig word, word uitgevoer. België beskik ook oor die wêreld se 4de grootste hawe, Antwerp, en is ook die wêreld se grootste diamant-verhandelingsentrum.

België is geleë in noordwes-Europa met die Noordsee en Nederland in die noorde, Duitsland en Luxemburg in die ooste en Frankryk in die suide en suidweste.

KAART
België kan verdeel word in drie streke - die kusgebiede, die sentrale plato en die Ardennes hooglande.
 
KLIMAAT
Die klimaat van België is gemeng met gebiede naby die see wat hoë humiditeit en 'n gematigde temperatuur ondervind en die binneland wat weer hoër temperature ondervind.

Ardennes hooglande het baie warm somers en koue winters. Die maande April en November word beskou as die maande waarin dit reën nieteenstaande die feit dat die reën bykans uitsluitlik beperk is tot die hooglande. Mis en misreën is 'n algemene verskynsel gedurende die tydperk.
Die temperatuur en reënval in Brussels verskil van die hooglande.
INWONERS
  • Ongeveer 10% van die inwoners van België, is buitelanders.
  • Van die ongeveer 10.3 miljoen mense, woon 97% in stede
  • Die inwoners van België kan in twee etniese groeperinge verdeel word - die Vlaminge ("Flemings") en die "Walloons" wat van Seltiese ("Celtic") afkoms is. Die twee groepe kan onderskei word op grond van die taal wat hulle praat - die Vlaminge praat Nederlands, terwyl die Walloons, Frans praat.
KUNS, KULTUUR & MUSIEK
Feeste speel 'n belangrike rol vir die inwoners van België. Een van die meest bekende feeste is die drie-dag karnaval te Binche, naby Mons. Die karnaval word gekenmerk deur 'n periode van vrolikheid ("merry-making") en plesier deur liedjies en danse van mans getooi in hoë, geveerde hoedens met kleurvolle kostuums ("Gilles"). Ander belangrike gebeurtenisse sluit in "Procession of the Holy Blood", wat in Brugge gehou word in Mei-maand en "Saint Nicholas's Day" wat elke jaar op 6 Desember gehou word.
Karnaval te Binche...
EKONOMIE
België het 'n sterk en gesonde ekonomie. Hulle ekonomie word gekenmerk deur swaar industrieë. Hulle voer baie rou materiaal in en prosesseer dit dan vir uitvoer. België is een van die lande met die hoogste bruto buitelandse produk-syfer in die wêreld.

Die gemiddelde inkomste per inwoner per jaar is $42768

GODSDIENSVRYHEID
Die konstitusie voorsien vir godsdiensvryheid en die staat respekteer die reg in die praktyk.

Die regering gebruik vyf kriteria alvorens erkenning aan 'n godsdiens-groepering gegee word:
  • die godsdiens moet 'n hiërargiese struktuur hê
  • die groep moet "genoegsame lede" hê
  • die godsdiens moes al vir 'n "lang periode" in die land bestaan
  • dit moet "sosiale waarde" vir die publiek hê
  • dit moet aan die wette van die land gehoorsaam wees en publiek orde respekteer

Die vyf kriteria is nie vervat in wette nie maar word in praktyk toegepas. Geen definisies bestaan vir "genoegsame", "lang periode" of "sosiale waarde" nie.

Die regering erken die status van die volgende godsdiensgroeperinge:

  • Rooms-Katolieke
  • Protestante
  • Judaisme
  • Anglikane
  • Islam
  • Ortdokse Christene (Grieks en Russies)
  • Die regering erken ook die reg om aan 'n sekulêre groepering te behoort (as 'n sewende groepering).

Ander interessante feite:

  • Die Federale regering en parlement het die verantwoordelikheid om daardie godsdiensgroeperinge te erken en is ook verantwoordelik vir die lone en pensioene van daardie godsdiensleiers ("ministers").
  • Volgens die land se wette is die regering verplig om onderwysers, op die regering se onkoste, vir godsdiensonderrig by skole beskikbaar te stel. Die regering betaal ook die salarisse, aftreevoordele, verblyfkoste van die leeraars en subsidieer die konstruksie en instandhouding van religieuse geboue.
  • Die totale bedrag wat in 2006 deur die regering en munisipaliteite bestee is aan godsdiensonderrig en konstruksie en instandhouding van religieuse geboue, het ongeveer 23.4 biljoen euro beloop.
Religieuse demografie
  • 47% van die bevolking (4.8 miljoen) behoort aan die Rooms-Katolieke kerk
  • 3.88% van die bevolking (400000) is Moslems - met ongeveer 328 moskees
  • 1.36% van die bevolking (140000) is Protestante
  • 0.68% van die bevolking (70000) is lede van die Griekse en Russiese Ortodokse kerk
  • 0.53% van die bevolking (55000) is Jode
  • 0.10% van die bevolking (10800) is Anglikane
  • ander gelowe sluit in: Jehova getuies, Mormone, Bhudiste, Sewendedag Adventiste, Hindoes & ander
  • ongeveer 18% assosieer hulle nie met enige religieuse groepering nie
  • ongeveer 7.4% beskou hulself as sekulêr

 

Godsdiens is steeds belangrik vir die Belge

  • ongeveer 65% van alle Rooms-Katolieke kinders word gedoop
  • ongeveer 49.2% van paartjies verkies 'n godsdienstige huwelik
  • ongeveer 76.6% van Rooms-Katolieke verkies 'n godsdienstige begrafnis

...maar

  • slegs ongeveer 15% van Rooms-Katolieke woon 'n weeklikse kerkdiens by

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"