Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 BAND
Meer oor ons...
 

Die “Band”:

  • is verantwoordelik vir 'praise and worship'  tydens die aand-eredienste en by geleentheid ook tydens die oggenddiens. 

Die "Band" bestaan tans uit lede wat op 'n rotasiebasis musiek maak tydens eredienste, veral vir die jonger generasie.   Francisca Carstens en Deon Toerien is tans die waarnemende leiers. Instrumente wat gebruik word sluit in klavier, bass, drums, blokfluit, acoustic, electric lead, electric rhythm, keyboard, dwarsfluit, sax en percussion.  Dan is daar ook nog die vocals.

Die baie talentvolle groep Naskoolse lidmate maak 'n besondere bydrae tot die 'praise en worship' in die gemeente.  Hulle bydrae is van onskatbare waarde vir ons gemeente en spesifiek die jonger generasie en ons dank hulle vir die opoffering wat hulle doen.

As jy nog nie 'n aanddiens bygewoon het waar die band die 'praise and worship' lei nie...mis jy beslis iets in jou lewe.

Band'-nuus

Dankie Wynand...

Wynand het onlangs bedank as leier van die band. Onder sy leierskap en die hulp-leierskap van Francisca Carstens sedert 1 Junie 2006, het die "band" 'n uitmuntende bydrae tot die musiekbediening in ons gemeente gemaak. Dankie Wynand...ons gaan jou baie mis!

 

Nuwe leier

Ons is opsoek na 'n nuwe leier vir die "Band". Aansoeke vir die pos moet voor/op 15 Mei 2008 by die kerkkantoor ingedien word. Dankie aan Deon Toerien wat intussen waarneem as leier totdat 'n aanstelling gemaak word.

 

Hier is die "Band-members" ...

NaamInstrument
Francisca Carstens (waarnemende leier)acoustic, electric rhythm, klavier, vocal acoustic, electric rhythm, klavier, vocal Acoustic, Electric rhythm, Klavier, Vocal acoustic, electric rhythm,
Francois SteynAcoustic
Barrie van ZylDrums
Jako le RouxElectric Lead, Vocal
Gabri Janse van RensburgElectric rhythm
IvanDrums
Nicky BothaVocal
Sandri de VilliersVocal, Keyboard
Ellené PienaarVocal
Francois MaraisAlt-Blokfluit, Didgeridoo, Kazoo, Bekfluitjies
Nico StrydomElectric Lead
Chanelle TarnowVocal
Deon Toerien (waarnemende leier)Vocal, Electric Lead

Hoe kan jy help?
 
Naam Epos Selnommer
     

 

Getuienis

Die Band is my passie!

"My passie van kitaarspeel en worship lei, het eers begin toe ek st. 9 was.  Een van my vriende het my een middag gehelp met my chemie-huiswerk (wat ek nou nog nie verstaan nie!), en my daarna sommer 'n paar basiese beginsels geleer van kitaarspeel.  Ek het regtig begin belangstel om meer te leer, en van daar af was ons "kitaarles" 'n weeklikse instelling.  Na nog ses maande was ek op die punt waar ek genoeg kon speel, en het deel geword van ons skool se worship-band.

Elke keer wat ons opgetree het was dit 'n wonderlike ervaring, en vandaar af het ek gedroom om self ook eendag 'n band te kan lei.  Ons band het een aand die wonderlike voorreg gehad om op Winkelspruit te kon speel, en dit was vir seker 'n hoogtepunt in my lewe.

My droom om self 'n band te lei, het eers in Weltevreden waar geword.  Ek het saam met Willie Koen begin speel in my matriekjaar.  Ek was vir so twee jaar deel van sy band, en het in daardie tydperk kennis van onskatbare waarde opgedoen.  Ek het onder andere geleer om liedjies te kies, die band te reël, hoe om liedjies te doen sodat hulle effektief werk, ens.  Ek het van tyd tot tyd die geleentheid gekry om die band te lei.

Op die 1ste Junie 2006 is ek amptelik as band-leier aangestel in die gemeente en dit is waarlik vir my 'n voorreg om in 'n gemeente soos Weltevreden deel van die musiekbediening te wees."

[Wynand du Preez]



Musiek in my hart!

Ek is aangestel saam met Wynand 01 Junie 2006, en is grootendeels verantwoordelik vir die administrasie van die band. Dis vir my ‘n groot voorreg en eer om my roeping hier in NG Weltevreden te kan gehoorsaam.

Ek was al baie keer ongelukkig oor my koor juffrou wat my nooit laat solo’s sing het nie, en my musiek juffrou wat my nie meer laat klavier speel het tydens saalopening nie. Maar op die ou end van die dag, is ek baie bly daaroor, want dít is nie waar ek gevorm en gegroei het nie. Dis eers toe ek begin worship het met hart en siel, dat ek agtergekom het, ek kán eintlik sing en liedjies skryf, en ek kán eintlik klavier speel, en later ook kitaar.

Ek gaan verseker nie daar stop nie. Ek is konstant besig om ander maniere te soek om my Hemelse Vader te aanbid. Op so manier bly die worship vir my “real”, want dis mos maar maklik om gewoond te raak aan ‘n ding, en dit dan outomaties te begin doen. Worship gaan ook vir my oor baie meer as net musiek maak. Dis ‘n leefstyl, ‘n elke-dag ding, ‘n heeldag ding.

En so nou en dan, as jy my dophou, sal jy oortuig wees dat ek van my kop af is, want ek het leer dans op maat van die musiek in my hart. Al die eer aan ons Here!

[Francisca Carstens]

Kontakbesonderhede
KontakpersoonTelSelE-pos
Deon Toerien 0823311326 epos Deon | epos Francisca
Francisca Carstens 0832352712 epos Deon | epos Francisca
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"