Skip Navigation Links
Dagboek
Fondsinsameling
SMS Boodskap
Gebedsversoeke
Projek Prisma
Dringende hulp benodig
Kursusse
Brandpunt
Interessante skakels
 PROJEK PRISMA
VRAE EN ANTWOORDE
Al die antwoorde op vrae van gemeentelede...

Projek Prisma raak die toekoms van ons/die hele gemeente.  Veral na aanleiding van die meningsopname het dit duidelik geblyk dat daar steeds baie onbeantwoorde vrae en onsekerhede is. 

Dit is juis om daardie rede dat daar besluit is om kommunikasie te bevorder en 'n platvorm daar te stel waar gemeentelede hulle vrae (anoniem indien hulle so verkies) kan stel. Die vrae met antwoorde sal dan op die webbladsy geplaas word tensy dieselfde vraag en antwoord reeds verskyn.

Gebruik asseblief die geleentheid om u vrae te rig. U vrae sal dan so gou moontlik beantwoord word deur afgevaardigdes van die gemeente betrokke by Projek Prisma.

Lees asseblief eers deur die vrae en antwoorde hieronder om seker te maak dat dit nie reeds aangespreek is nie, voordat u 'n vraag rig.

Vrae en antwoorde

• Hoekom het die kerk navorsing oor Projek Prisma onder die gemeente gedoen?
Die navorsing was ontwerp om die gemeente te betrek in die vasstelling van die huidige en toekomstige rol van die kerk in die gemeenskap, om ondersteuning vir Projek Prisma te toets en om vas te stel watter,   indien enige, besware daar teenoor die projek mag wees.


• Wat was die vernaamste bevindinge van die navorsing?
Die navorsing het aangedui dat 86% van die gemeente Projek Prisma ondersteun en glo dat dit die kerk in staat sal stel om sy rol in die gemeenskap te vervul, nou en in die toekoms.  ‘n Aansienlike aantal gemeentelede het egter te kenne gegee dat hulle die projek nie sonder voorbehoud ondersteun nie, veral met betrekking tot die omvang/grootte en koste.


• Watter besluit is oor die Projek geneem, na aanleiding van hierdie bevindinge?
Die besluit is geneem om met die Projek voort te gaan, onderhewig aan ‘n verkleining van grootte/omvang en koste, en ‘n herskikking van die elemente van die Projek in ooreenstemming met die gemeente se behoeftes en  sy siening van die rol van die kerk in die gemeenskap.


• Wat sal die eerste fase van die Projek insluit en wanneer sal daar met konstruksie begin word?
Na sorgvuldige oorweging, is daar saamgestem dat die kleiner kinders tans die grootste probleme in terme van spasie ondervind, en dat die eerste fase daarom addisionele klaskamers en fasiliteite vir hierdie groep moet insluit.  Tenders sal teen die einde van November ontvang word, en konstruksie sal vroeg in 2007 begin.


• Sal Projek Prisma net fasiliteite vir die jeug, kinders en toekomstige generasies voorsien?
Die Projek is ontwerp om die hele gemeente te ondersteun, nou en in die toekoms, en alle ouderdomsgroepe sal op die een of ander manier daarby baat. Die Projek strek verder as die blote daarstelling van fasiliteite en is van voorneme  om aan die groeiende behoeftes, geestelik en fisies, van ‘n groeiende gemeente te voorsien. Ons oorweeg tans praktiese maniere waarop ons byvoorbeeld ons pensioenarisse kan bystaan, as deel van die groter omvang van die Projek.


• Sal Projek Prisma nie tot gevolg hê dat die Kerk te “kommersieel” word nie?
Na aanleiding van die navorsing is daar besluit dat die projek slegs daardie elemente moet insluit wat die tradisionele rol van die kerk as ‘n plek van aanbidding en ‘n plek wat geestelike en morele leiding aan sy lede gee, moet insluit.  Dié sal byvoorbeeld die volgende insluit: die instelling van ‘n “wellness-sentrum” om gemeentelede met huwelik- en gesinsberading, gesondheid- en traumaberading, asook leiding vir die jeug te kan bedien.


• Sal die Projek nie tot gevolg hê dat die Kerk groot en onpersoonlik word nie?
Terwyl dit ‘n realiteit is dat ons aansienlike gemeentegroei ondervind, het die oorgrote meerderheid gemeentelede aangedui dat ons hierdie nuwe lede met ope arms moet aanneem deur die voorsiening  van geskikte en uitgebreide fasiliteite. Met die aktiewe deelname en ondersteuning van die gemeente, glo ons nie dat die kerk ooit onpersoonlik sal word nie.


• Hoe sal gemeentelede ingelig word van toekomstige Projek Prisma-verwikkelinge?
‘n Kommunikasie-komitee is op die been gebring om gereelde en deurlopende kommunikasie met die gemeente oor die Projek en die voortgesette betrokkenheid van die gemeente in die besluitneming te verseker. Willem de Beer is aangestel as die projekleier van hierdie komitee en .........as die woordvoerder.


• Wat word gebou in fase 2?
‘n Kleiner nuwe aanbiddingslokaal, attenuasiedam en paaie.


• Hoekom bou ons in fases?
Die uitslag van die gemeentelike ondersoek was deurslaggewend dat daar in fases gebou moet word.


• Hoekom nog ‘n aanbiddingslokaal?
Dit sal plek skep in die bestaande aanbiddingsruimte Die kleiner nuwe aanbiddingslokaal bied uitbreiding in bedienings-moontlikhede, bv. drie ekstra eredienste per Sondag, eredienste gedurende die week, andersoortige eredienst


• Waarvoor kan hierdie lokaal nog gebruik word?
Ruimte vir bybelstudiegroepe gedurende die week, troues, klein begrafnisse, meer nagmaalgeleenthede, ens. Dit skep ook die geleentheid om fondse te genereer deur pakkette aan te bied vir troues, aangesien die saal ook opgradeer gaan wor


• Watter implikasies is daar met fase 2?
Ons word deur die stadsraad verplig om voorsiening te maak vir stormwater deur ‘n attenuasiedam te bou. Ook moet daar voorsiening gemaak word vir sekere veranderinge aan die paaie  nl. ‘n glipweg in Corneliusstraat en ‘n verkeersirkel by die kruising met Albertstraat.


• Wat is die koste van fase 2?
Die beraamde koste vir die nuwe aanbiddingslokaal is R3 miljoen. Die dam en paaie se koste sal ± R500 000 beloop indien dit nog hierdie jaar gebou word.


Indien jy enige verdere navrae het, stuur gerus jou vraag.
Vraag  
 
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees"